clinomics favicon

Die waarde van ‘n uitgebreide merkerpaneel vir beeste.

Solving problems, Creating Trust

n Kliënt van ons het 179 kalwers vir ons ingestuur vir vaderskap bepaling (in die afwesigheid van moeders) saam met 24 moontlikte vaders. Met ons primêre paneel van 17 merkers kon ons vir 176 van die 179 nageslag ‘n enkel kwalifiserende vader toeken. ‘n Sekondêre paneel van 11 addisionele merkers is gebruik op die oorblywende  3 kalwers  wat ons in staat gestel het om vir elk van die kalwers ‘n enkel kwalifiserende vader te kry. Die sekondêre paneel word teen geen koste vir die teler/eienaar van die dier(e) gedoen nie – dit is ons verantwoordelikheid om vir jou ‘n antwoord te verskaf sonder om dit weer die teler/eienaar se probleem te maak.

 

Hier wil ons ook dan graag aan u die waarde bewys van 17 merkers (wat ons gebruik vir die analise) teenoor 11 merkers (wat huidiglik gebruik word deur van die ander laboratoria). Die 17 merkers soos deur ons gebruik, laat ons met 3 diere uit 179 (1.7% van die nageslag). Ons het die analise met die tradisionele 11 merkers ook gehardloop, dit het daartoe gelei dat daar addisionele analises op 36  uit die 179 diere (20.1% van die nageslag) van die nageslag gedoen moes word om ‘n enkel kwalifiserende vader toe te ken. Effektief lei meer betroubare merkers tot ‘n aansienlike besparing in koste en tyd. Dit beteken dat die ware koste per kalf die koste is soos oorspronklik bereken is en dat daar geen verrassings vir jou wag nie.

“Solving Problems, Creating Trust”